Tamatie – Atjar

Laat goed ryp tamaties 3 of 4 dae lank in pekelwater lê. Pak dit in flesse met 2 lae klein uitjies en stukkies peperwortels na elke laag tamaties. Maak speserye asyn en gooi dit koud bo-oor. Maak dit goed toe en laat dit ‘n maand lank staan voordat dit gebruik word.

Advertisements

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Groen Okkerneut Atjar

Laat okkerneute ‘n week lank in sterk pekelwater lê. Kook dit dan stadig in pekelwater, haal uit en laat 2 dae lank droog word. (Dit sal dan swart wees). Kaak atjarsous en gooi dit warm or die okkerneute. Maak dit goed toe.

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Lemmetjie Atjar

Rol die lemmetjies op ‘n tafel sodat die olierigheid kan uitkom. Sny nou 4 snytjies in elke lemmetjie en vul met sout. Pak dit nou styf in ‘n erdepot met die punte na bo en maak dit toe. Laat dit ‘n maand so in die pekel staan, haal dit dan uit en druk die pekel uit. Neem nou 1 koppie mosterd, 1 koppie fyn gemmer en genoeg asyn, om die lemmetjies te bedek en kook dit ‘n uur lank. Neem ‘n kommetjie van die lemmetjies se pekel en kook die lemmetjies daarin. Haal die lemmetjies uit, gooi die asynsous oor en laat dit 10 minute aanmekaar kook. Pak die lemmetjies nou netjies, met puntjies na bo, in ‘n fles, gooi ‘n lepel soetolie by en dan die sous bo-oor. Laat dit heeltemal koud word voordat dit toegemaak word. 

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Kool Atjar

Sny die kool in 4 dele en sny die stronk uit. Strooi sout daaroor en laat dit 24 uur lank so in ‘n skottel staan. Laat die pekel dan afloop en pak die kool in ‘n skoon erdepot. Neem vir elke twee bottels asyn 1 ons (28g) swart peper, 1/2 ons (14g) gesnyde peperwortels, 1 ons (8g) Jamaikapeper (allspice), 3 rissies en 1 ons (28g) mosterdsaad. Kook dit op en gooi dit op die kool in ‘n erdepet, maak dit dig toe.

Hoofstuk 10 (Bykosse en Speserye vir Biefstuk) ~ Blatjangt No 4

Neem ‘n 1/2 pd (226g) geelsuiker, 2lb (1kg) getampte rosyntjies sondet pitte, 1/4lb (113g) mebos, 1 lepel sout, 1 lepel fyngemaakte rissies, 2 fyngestampte uie, 1 ons (28g) fyn wit, gemmer, 1/2 ons (14g) fyn koljander, 1 lepel fyn mosterdsaad en 2 bottels asyn. Kook alles stadig saam en roer dit kort-kort. DIe mebos moet oornag in asyn week voordat dit met ander bestanddele saaamgekook word.