Elsabe se spogpensie

RSG

Bestanddele
800g varklies (Porkbelly)
olyfolie
seesout
6 wortels
2 uie, in ringe gesny
peper

Sous
8 ryp koejawels, inblokkies gesny
½ koppie esdoringstroop (Maple syrup)
50g bruinsuiker
sout en peper
100g botter

Metode Varklies
Smeer varklies met olie, seesout en peper. Plaas wortels en uie in ‘n oondpan. Plaas varklies bo-op.
Bak vir 1½ uur onbedek teen 180grade.

Sous
Smelt botter en suiker in ‘n kastrol. Voeg die res van die bestanddele by, en roer tot die suiker opgelos is. Giet oor die varklies. Bedien met kapokaartappels en slaai.

Advertisements

Johan se ideale tuna

Bestanddele
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, gekap
olie
1 pak macaroni
2 blikkies tuna
1 x 410 g blikkie ingedampte melk
1 pakkie sampioensoppoeier
1 koppie kaas, gerasper
1 groot pak skyfies, BBQ-geur, fyngemaak

Metode
Braai uie en soetrissie saam tot gaar. Voeg tuna by (moenie dreineer nie). Kook pasta tot gaar.
Meng soppoeier met melk. Meng alles saam. Sit in ‘n oondbak. Strooi kaas oor, en daarna die skyfies.
Bak teen 180 grade vir 10 minute.

Bobby se roerbraai

www.rsg.co.za

Bestanddele
400g hoender-, vark-, of beesrepies
olie
2 knoffeltoontjies
1 cm gemmer
2 teelepels karweisaad
1 pynappel, in blokkies gesny
1 ui, gekap
1 pakkie sampioene, gesny
rooi soetrissie, in blokkies gesny
halwe koolkop, in repies gesny
sojasous na smaak
1 teelepel suiker
sout en peper

Metode
Verhit die olie in ‘n wok.
Voeg die vleis, gemmer en knoffel by.
Roer vir 2 minute totdat dit geseël is.
Haal uit.
Roerbraai die res tot sag.
Gooi die vleis by.
Meng goed.

Thai Tsoenami-soja (Hoenderslaai met sojasous)

www.rsg.co.za

Bestanddele
2 hoenderborsies, in repies gesny
1 ysbergslaai
200 g engelhaarpasta
handvol babamielies
seldery, opgesny
rooi en groen soetrissies, opgesny
komkommer, opgesny

Sous:
4 eetlepels sojasous
3 eetlepels olyfolie
1 teelepel opgekapte rissie
1 teelepel opgekapte vars knoffel
1 eetlepel vars gemmer
½ koppie vars koljanderblare, fyngekap
1 ui, fyngekap
1 teelepel suiker

Metode
Meng al die slaai se bestanddele saam.
Meng die sous se bestanddele en voeg oor slaai.

Bolero varkfillet

www.rsg.co.za

Bestanddele
1 varkfillet
olyfolie
speserye
3 handevol groen aspersies
gerasperde parmesaankaas
mango- en perskesap

Metode
Verhit oond tot 180 grade. Smeer varkfillet met olyfolie, en besprinkel met speserye van jou keuse. Seël dit vinnig in ‘n baie warm pan. Bak vir 15 minute in oond. Haal uit. Plaas aspersies in pan met ‘n bietjie witwyn en botter. Kook tot aspersies al dente is. Rasper kaas oor. Sny fillet in skywe. Drink die sap saam met die ete.

Appelkose met ‘n hawermout-krummelkors

www.rsg.co.za

Bestanddele
6 appelkose
2 eetlepels (30ml) bruinsuiker

Hawermout-krummelkors
4 eetlepels (60 ml) botter, gesmelt
¼ koppie (±65 ml) bruinsuiker
½ teelepel (2.5 ml) neutmuskaat
1 teelepel (5ml) kaneel
½ koppie (125 ml) hawemout
100 ml koekmeel
knippie sout
2 eetlepels (30 ml) amandelvlokkies

Metode
Voorverhit die oond tot 200°C. Sny die appelkose middeldeur en verwyder die pitte. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei en plaas die appelkose daarop. Sprinkel die suiker oor die vrugte en rooster vir 5-10 minute totdat die suiker begin karamelliseer. Verwyder uit die oond en hou eenkant. Meng al die bestanddele vir die krummelkors in ‘n mengbak. Verdeel die geroosterde appelkose tussen vier oondvaste bakkies. Skep ‘n laag van die krummelkors bo-oor en bak in die oond vir 10-12 minute tot goudbruin. Bedien met ongegeurde joghurt.

Variasie
Die appelkose kan vervang word met blokkies vars appels, pere of perskes.

Gekrummelde calamari met ‘n rissie-doopsous

Bestanddele
500g calamari-buise en tentakels (vra die vishandelaar om hulle skoon te maak vir jou)
125 ml (½ koppie) melk
1 eier
125 ml (½ koppie) meel
sout en peper
1 pakkie Crispy & Tasty Chicken Coating met Sweet Chilli Dip-Mix
750 ml (3 koppies) olie, vir braai

Tartaarse sous
75ml (5 eetlepels) mayonnaise
1 sprietui, fyngekap
1 agurkie, fyngekap
‘n paar takkies vars kruisement, fyngekap
die inhoud van die Sweet Chilli Dip-Mix sakkie

Metode
Sny die calamari in dun ringe, en die tentakels in kleiner porsies. Gooi die meel, sout, peper en calamari in ‘n plastieksak en skud dit om die calamari met die meel te bedek. Klits die melk en eier saam in ‘n bak. Gooi die inhoud van die sakkie Crispy en Tasty krummels op ‘n bakplaat. (Hou die Sweet Chilli Dip-Mix opsy om te gebruik in die Tartaarse sous). Doop die calamari in die melk en eiermengsel, en dan in die krummels, en plaas op ‘n bord of bakplaat. Sit in die yskas vir ten minste 30 minute.
Maak intussen die Tartaarse sous.

Wanneer jy gereed is om te bedien, verhit die olie in ‘n diep pan totdat dit baie warm is, en braai die calamari in klein porsies vir 25 – 30 sekondes. Verwyder die calamari uit die olie met ‘n gaatjieslepel, dreineer op kombuispapier en bedien dadelik met die tartaresous.

Tartaarse sous
Meng al die bestanddele saam en voeg in ‘n doopbakkie.

Beurtkrag garnale

www.rsg,co.za

Bestanddele
500 g garnale
½ koppie suurlemoensap
250 g botter
knoffel/rissie/gemmer-mengsel
sout en peper, na smaak

Metode
Smelt botter in die pan van ‘n skottelbraai. Vog die knoffelmengsel by, dan die suurlemoensap, en dan die garnale. Braai vir 5 minute totdat garnale pienk is. Bedien op rys.

Vakansie Roomysbrood

www.rsg.co.za

Bestanddele
2 k (500 ml) volroom vanieljeroomys, sag
½ k (125 ml) gemengde neute, grof gekap
1 t (5 ml) fyn kaneel
1½ k (375 ml) bruismeel, gesif

Variasie
2 k (500 ml) Aarbei roomys
½ k (125 ml) gekapte aarbeie

Metode
Voorverhit die oond tot 180 grade C.
Voer ‘n ±10 cm x 16cm broodpan met bakpapier uit, en spuit met kleefwerende sproei.
Meng die roomys, neute en kaneel in ‘n mengbak saam.
Voeg die bruismeel by en roer tot net gemeng.
Skep die deeg in die voorbereide broodpan, en bak vir 30 – 35 minute, of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die oond en laat effens afkoel.