AARTAPPEL GEVUL MET GEURIGE MAALVLEIS

Idees

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

Bestanddele
olyfolie
500 g maer beesmaalvleis
1 groot ui, fyn opgekap
1 groen soetrissie,(ontpit en in blokkies gesny)
1 blik tamatiepuree
15 ml Dijon-mosterd
15 ml worcestersous
4 groot gebakte aartappels
slaai om voor te sit

METODE:
Verhit ’n laag olie. Voeg die maalvleis by en braai oor ’n hoë hitte bruin. Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die aartappels. Verhit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat prut vir 15 tot 20 minute. Geur na smaak. Maak ’n snit bo in elke aartappel. Druk dit effens oop. Skep van die maalvleis in elke aartappel. Sit voor met slaai.

Wenk
Dié maalvleis is baie veelsydig en kan ook voorgesit word saam met fynaartappels of pasta, of geniet dit in ’n vars rolletjie.
Verdubbel die resep en vries die helfte vir later

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

TUNA EN MASALA SOUFFLE

Woumarie
‘n RSG Resep

Bestanddele
1 blikkie tuna
¼ ui, fyngekap
2 eetlepels botter
1 eetlepel olie
1 eetlepel masalaknippie sout
3 eiers, geskei
¾ koppie melk
3 eetlepels meel
1 eetlepel fyngekapte danja (koljander)

METODE
Verhit oond tot 160 grade Celsius. Braai uie in olie en botter. Voeg masala en meel by soos jy ‘n witsous sal maak. Roer melk by.
Roer drie eiergele by (eiergele moet gaar word, maar jy wil nie roereier maak nie) Voeg tuna en danja by. Laat sous afkoel terwyl jy die drie eierwitte styf klits. Vou die eierwit in die sousmengsel in. Sit dit in ‘n groot bak wat met botter gesmeer is, of in kleiner porsie bakkies. Bak vir 45 minute. Dit is heerlik met pampoen

Print Friendly, PDF & Email
 

TOAD IN A HOLE

Woumarie
Bron: Sarie Kos

Betsanddele
2 eiers
125 g meel
300 ml melk
15 ml korrelmosterd
8 varkworsies
8 snye pancetta of repies spek
45 ml sonneblomolie
sowat 6 takkies vars roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

METODE
Klits die eiers, meel en mosterd goed in ’n mengbak om klonte te voorkom. Geur met sout en swartpeper. Laat rus vir 15 minute.
Haal intussen die velle van die worsies af en draai elke worsie toe met pancetta of repies spek. Gooi diesonneblomolie in ’n oondbak van sowat 28 x 21 cm. Dit kan ook ’n kleiner bak wees. Rangskik die worsies in die bak en gooi die melk-beslag oor.
Bak in ’n baie warm oond (220 °C) vir sowat 25-30 minute.

Print Friendly, PDF & Email
 

PANNEKOEK LASAGNE

Bron: WEG Resepte 
vir 6-8 mense

JY BENODIG:
12 pannekoeke, gebruik jou gunsteling pannekoek resep

VIR DIE VULSEL:
olie vir panbraai
1 groot ui, fyngekap
1 wortel, geskil en gerasper
1 knoffelhuisie, fyngedruk
500 g maalvleis
1 blik (410 g) heel tamaties
1 eetlepel tamatiepasta
sout en peper na smaak
’n knippie suiker
’n hand vol vars pietersielie, gekap

VIR DIE KAASSOUS:
3 eetlepels botter
6 eetlepels koekmeel
3 koppies melk
½ koppie kaas van jou keuse, gerasper (ons het sterk cheddar gebruik)

SO MAAK JY:
Maak eers die vulsel. Verhit die olie in ’n pan en braai die ui tot sag. Voeg die w ortel en knoffel by en braai dit vir nog ’n paar minute. Voeg dan die maalvleis bietjies-bietjies by en braai dit tot goudbruin. Maak die klonte met ’n vurk fyn sodat die vleis eweredig verbruin. Roer die tamatie by en geur dit met sout en peper na smaak. Proe aan die vleis en geur dit verder met ’n knippie suiker en die pietersielie. Prut alles vir 10 minute en hou dit eenkant. Maak die kaassous. Smelt die botter in ’n pot oor matige kole (of gebruik ’n gasbraai). Roer die meel by en braai dit vir ’n minuut. Gooi nou die melk bietjies-bietjies by die meelmengsel en roer dit aanhoudend. Prut die sous vir 15 minute en roer dit die heeltyd om te keer dat klonte vorm.
Gooi die kaas by en geur dit met sout en peper voordat jy dit vir oulaas deurroer.  Maak die pannekoeklasagne. Skep 2 eetlepels vleis in die middel van elke pannekoek, gevolg deur 1 eetlepel kaassous. Vou dit toe in ’n driehoek, pak dit in ’n stapel en sit dit dadelik voor.

WENK: Probeer ’n hand vol gekapte koljanderblare vir ’n skerper smaak saam met die vleis.

Print Friendly, PDF & Email
 

Melkkos Met Macaroni

Lynette Muller

Bestanddele
100g (250ml) Macaroni
1L Melk
25ml Botter
2 eiers
50ml Meel
5ml Bakpoeier
Sout
Kaneel

Metode
Mikro 750ml van die melk saam met die macaroni en botter vir 15min op 100% krag. Roer en kook weer vir 5 min. Skei eiers. Klits eiergeel, 250ml van die melk, meel bakpoeier en die sout saam. Voeg by macaroni mengsel en kook vir 6 min op 100% krag.
Klits eiers witte styf (nie droog nie) en vou in. Bedien met kaneel en suiker.

Print Friendly, PDF & Email
 

EIERVERRASSING  EN  MIELIERYSSLAAI

Rika Theron

Bestanddele en Metode
Sny 6 hardgekookte eiers in lengte middeldeur en skep eiergeel uit. 
Meng ‘n bietjie mayonnaise, 2 e gevlokte, ingemaakte salm of gevlokte skelvis of fyngekerfde hoender,
1 e gekapte selderystingels,
1 t fyngekapte pieterselie,
1/2 t Franse mosterd,
Worcestersous en geurmiddels na smaak met die goed fyngedrukte eiergele tot die mengsel romerig, maar nogtans nie pap is nie. 
Geur na smaak.  Skep vulsel terug in eierwitte en druk 2 halwe eiers weer opmekaar vas. 

Wenk
Die halwe eiers kan natuurlik ook so gelaat word, maar vir die kosblik is dit beter om dit opmekaar te druk.  As daar van die vulsel oorbly, kan dit vir toebroodjies gebruik word.  Plaas die gevulde eiers op mielierysslaai in ‘n klein lugdigte bakkie en verseël.  

MIELIERYSSLAAI
Meng
1 k gaar mielierys.
1/2 t borrie,
2/5 k gevlokte salm of hoender of skelvis,
1 e asyn,
1 e gekapte uie,
1 t Worcestersous,
1 e gekapte pieterselie,
1 e mielie-olie,
1 e gekapte rooi pimento en sout en peper na smaak saam en skud liggies. 
Skep onder op die boom van ‘n lugdige bakkie en rangskik die eiers bo-op.

Print Friendly, PDF & Email
 

Vienna Pannekoek:

Rohanja

Bestanddele en Metode
Pannekoeke, wraps, tortillas of iets soortgelyks sal werk. Braai uie en sampioene tot sag. Voeg ringetjies viennas by en roerbraai. Gooi klein bietjie chutney by. Voeg by paar eiers met bietjie melk gemeng en roer tot gaar. Vul met mengsel pannekoek se oppervlak, sprinkel bietjie kaas, sout en peper oor en rol op. Bedien warm Jy kan as jy wil jou uie, sampioene en viennas braai, eenkant sit, scramble eggs maak en dit in lae pak met die kaas heel laaste en dan oprol

Print Friendly, PDF & Email
 

Klassieke kaas-en-tamatie

Lynette Muller

Bestanddele
2 snye witbrood, aan die een kant gebotter
beleë cheddarkaas, dun gesny – ’n groenteskiller werk perfek
’n goeie ryp tamatie, in skywe gesny
’n paar dun skyfies uie
’n handvol sout-en-asyn-aartappelskyfies uit ’n pakkie

Metode
Pak jou lagie kaas op die sny brood se botterkant. Maar onthou, jou kaas moet dun gesny wees, want dan kom die geure na vore. Bedek dit met uie, maar nie te veel nie. Die ui moet die geure net uitlig, nie papmoker nie. Dan laat waai jy met die tamatie. Rond af met ’n lagie aartappelskyfies om als ’n lekker knars te gee, asook daardie pikante sout-en-asyngeur. Plak dit toe met die ander sny brood.

Print Friendly, PDF & Email
 

JAMBALAYA RYS

Lynette Mulder

Bestanddele
15 ml olie
3-4 streaky bacon
1 gekapte ui
2 selderye gekap
500 ml rou rys
1 liter hoender stock
3 ml sout
3 ml swart peper
3 ml rooipeper (cayenne peper)
1 lourier blaar (bay leaf)
1 greenpeper in blokkies gesny
1 x 410 g blikkie gekapte tamaties
100 g ham in blokkies gesny
200 g hoender blokkies gesny (gaar)
15 ml pietersielie

Metode
Verhit olie en braai bacon tot bros, dreineer bacon
Braai ui tot sag, voeg seldery en rys by, roer aanhoudend – braai 1 minuut
Voeg hoender stock, sout, peper, rooi peper en lourier blaar by en prut vir 10 minute
Voeg greenpeper en tamaties by en laat prut vir verdere, 5-10 minute
Voeg ham, bacon en hoender by en prut vir 5 minute
Gooi mengsel in opskep bak en sprinkel met pietersielie ~ genoeg vir 4-6 persone

Print Friendly, PDF & Email
 

CHILLI BLATJANG MET APPELKOOSKONFYT

https://bottelenbere.weebly.com/

Ek het die resep gister gemaak ek kan dit aanbeveel. Dit is die lekkerste Chutney wat ek nog geeet het.

Bestanddele
3 uie
10 ml kerriepoeier
2 knoffelhuisies
5 ml mosterdpoeier
500 ml opgesnyde brandrissies/peppadews
5 ml fyn gemmer
250 ml bruin asyn
5 ml gemengde kruie
750 ml appelkooskonfyt
5 ml sout

Metode
Skil uie en knoffel en maal saam met die rissies. Voeg asyn by en kook dit ‘n paar minute lank.Roer res van die bestanddele by, verhit stadig tot kookpunt. Laat kook ongeveer halfuur tot dik; roer gereeld
Bottel warm en verseël dadelik.

Print Friendly, PDF & Email