Profiele Van Bydraers

Hier is die profiele van ons gereelde bydraers….

Indien julle met een van ons bydraers wil kontak maak, kan jylle gerus ‘n epos stuur aan frik en ek sal dit dan aan die persoon aanstuur. Ondersteun gerus ons bydraers soos Charlene, Okkie en Jan.

Koekoes Vorster
Koekoes Vorster
Ek is getroud met Michiel wat my nog meer van n tegnolie vraat gemaak is as wat ek alreeds was.
Ek is bevoorreg om n huisvrou (tuiste skepper) te wees.
Ek verkoop skoonmaak middels vir daardie ekstra inkomste wat ons almal maar nodig het.
Ek het begin om gereeld interresante e-posse vir vriende en familie te stuur.
Ek het meer en meer navrae gekry van mense wat dit geniet of soms die boodskappe nodig het.
Nou het dit gegroei tot n klompie Yahoo groepe waarvan ek dit ook plaas op Eposvriende
Dit word gedoen vir die Lekker van die deel van kennis, iets vroliks, iets interresant or iets lekker om te eet.
Vandaar die resepte. Ek kan nie verby ‘n winkel stap sonder om nie eers na die resepte  boeke te gaan loer nie.
Natuurlik het ek nooit  genoeg resepte boeke nie.
Ek geniet dit om te bak en brou – al is dit soms meer brou.
Hou van lees, nie dat daar meer tyd is vir dit nie.
Geniet my Kindle, maar niks kom naby die reuk en voel van n (nuwe) boek nie.
Ons was nooit geseën met kinders nie, het maar altyd diere kinders gehad.
Ek beskou dit as n voorreg om deel van Liplekker te wees.

Rika Theron
Ek is ‘n alleenloper wat op 1 Mei 1953 op die Vrystaatse Goudveld (Allanridge) gebore is. Ek was in Welkom, Hartswater, Viljoenskroon en Ficksburg (matriek geskryf) op skool. Ek het op 4 Januarie 1971 by Standard Bank Ficksburg begin werk, Julie 1971 Pietersburg toe verhuis waar ek gewoon het tot en met Augustus 2014. Ek het die bank in Oktober 1979 verlaat waarna ek 4 jaar by Pietersburg Stadsraad in diens was. Ek het in September 1984 by die Departement van Nasionale Gesondheid en Bevolkingsontwikkeling begin werk. Ek was vir 29 jaar in die Staatsdiens en het op 31 Desember 2013 afgetree.

Ek was vir 43 jaar in Pietersburg woonagtig; ek het September 2014 na Nylstroom verhuis om hier in ‘n aftreeoord nl. Bosveldsig te kom woon. Ek bly hier saam met my twee Jack Russels waarvoor ek baie lief is: Tinkie en Monya, en ‘n African Grey papegaai by name Oscar as geselskap.

Ek lees alles waarop ek my hand kan le veral alles wat met geskiedenis te doen het, is baie lief vir musiek by voorkeur opera en klassiek asook boeremusiek wat my baie na aan die hart le, speel self klavier en sing baie graag, voltooi blokkiesraaisels om my brein besig te hou, hou van dans, hekel, brei, maak klere en werk graag aan my tapisseriee. Wanneer daar ekstra tyd is, gebruik ek dit om familienavorsing te doen. Ek het ‘n broer wat jonger as ek is en hy en sy gesin woon ook buite Nylstroom op ‘n wildsplaas. Ons ouers is altwee etlike jare gelede oorlede.

Laaste maar nie die minste nie, hou ek daarvan om allerhande resepte uit te toets. Ek gee voorkeur aan nageregte en alles wat soet is. Eenskottel geregte en geregte wat gou aanmekaar geslaan kan word, geval my ook.

Dit is ek in ‘n neutedop.

Wanda-Mari Lundy
Wanda-Mari
Ek het drie kinders. Twee dogters en een seun maar ongelukkig is my seun oorlede. Dit was op 25 April vyf jaar gelede so nou het ek net die dogters. My oudste dogter is getroud en ek het ‘n pragtige kleinseun. Hy was op 20 Desember ‘n jaar oud. Verder hou ek baie daarvan om te kook en ek hou ook daarvan om nuwe resepte uit te probeer. Waar moontlik probeer ek ten minste een nuwe gereg vir my familie te gee in ‘n week of twee. Hulle waardeer dit nogal baie .

Lekker dag vir jou en al die lesesrs.

Lynette
Lynette
Hi almal! Jis hoe beskryf ek myself? Kom ons se ek is n tuisbly mamma vir 10 jaar nou. Word die 3de Nov 51(shhhh nie te hard nie!) Die 3de Okt sal ek en Chris 27 jaar getroud wees. Ek lief bak en brou/arts en crafts! Hekel & brei (my way en ook net wanneer ek lus is) om my hande besig te hou. As kind het my mamma(77) ons kinders geleer n mens sit nie ledig nie. Soooo ek moet besig bly! Oja. Ek lief lees. Besig om te ouetehuis se boeke op te lees! Hehehe. Chris my ander helfte is n gekwalifiseerde Loodgieter(plumber) en werk vir homself. Ons het 2 dogters altwee klaar met skool en uit die huis en altwee goeie werkies. Glo dit of nie altwee nou verloof ook! Lizelle die jongste trou 12-9-2015 en ousus Sonja 2 mnde later in Desember! Nog nie n datum nie maar voor Kersfees 2015. So hoe se Chris? Ons is vir die volgende 4 jaar in ons glorie in! Ag wat. Altwee sal hulle droom troue kry! Chris sal net ekstra hard moet werk. Well that’s old me in a nutshell! Ek is op fb onder Lynette Muller welkom om my te add. Die wat my wil ad op bbm, my pin is 2B65C41C welkom om my te invite. Toedels! Xx

Alida Schultz
IMG_0024

Hello Julle wonderlike kokke!! my naam is Alida Schultz. Soos jullle seker van die foto kan aflei, ek is ‘n vrou in my 50’s wat die lewe werklik baie geniet. Ek is bitterlik baie gelukkig getroud met ‘n ongelooflike man (wat toevallig ook baie lief is vir kosmaak. en hy KAN) Ek het net 1 seun wat 28jr oud is en ‘n droomseun is hy met ‘n pragtige meisie vir wie ek baie lief is. Ek woon in Yzerfontein. My gunsteling resep is:
FOELIEKOS!!!

ROOIROMANVIS MET ROOM

Hierdie resep is baie maklik en enige vis kan hiervoor gebruik word. Ek het dit al baie gedoen met geelstert en ook met snoek en dis elke keer ‘n wenner!!
Benodig:

Vars vis (van jou keuse)
swartgemaalde peper
Groenrissie
Sampioene
Groot ui
Paprieka
sout
1 Groot houer vars room

METODE

Vlek vis mooi groot oop op rugkant. Sit op foelie en sny bogenoemde groente en duk skywe en vul lae opmekaar binne in vis. Gooi paprieka, sout (na smaak) en peper in en laaste die room. Vou sorgvuldig toe en bak in ‘n voorverhitte oond op 180 of op kole vir ‘n heerlike visbraai tot sag en gaar. (hang af van die groote van die vis. As dit liggies met ‘n vurk geflok kan word is dit gaar.) Gewoonlik so 20minute vir ‘n middelslag vis.

Hiermee bedien ek ook gewoontlik drie groente wat ek ook sommer alles in die oond of op kole saam doen.

AARTAPELS IN SUURROOM

Was aartapels mooi skoon (skil aan) sny ‘n redelike paar kepe in aartapel maar nie regdeur nie. Plaas op foelie. Strooi Ina paarman’s suurlemoenlpeper oor en vul met suurroom. Draai toe. Elke aartapel op sy eie en druk in oond of op kole saam met vis.

KANEELBOTTERPAMPOEN

Skil pampoen af. Sny in duk skywe en sit elke skyf op ‘n stuk foelie.Strooi pypkaneel, aromat, swartgemaalde peper en knoffel oor. Sit ‘n lekker groot stuk botter bo-op of olyfolie. Vou toe en sit in oond of op kole tot sag en gaar maar nie pap nie.

ROOMPATATS

Benodighede
Patats
Varsroom
Bruinsuiker of heunig
karamelessens

Skrop patats skoon. Sny in helfte. Sit elke een op foelie. strooi bruinsuiker of heunig oor. Meng bietjie karamelessens met room en gooi bo-oor. Vou toe en bak in oond of op kole.

LEKKER EET EN DANKIE VIR ALMAL SE HEERLIKE RESEPTE!!!!

Jan van Niekerk

Picture-01

MY LEWENSVERHAAL

Op 05 November 1950 het ek die 1ste lewenslig in Rustenburg aanskou van waar ons gesin later na meerhof stasie naby die Hartebeespoortdam verhuis het. Ek het my laerskool opleiding te Generaal Hendrik Schoeman op Schoemansville voltooi en is toe na die Hoërskool Tuine in Hercules.

My ma het altyd die lekkerste kos gekook en ek dink dit het my geinspireer om ook sulke lekker kos te maak.

My oudste suster, ons was tien kinders, woon op Nelspruit en sy het vir baie jare die eerste pryse op die skou op Nelspruit geskry vir beste konfyte en strope. Sy maak die lekkerste maroelastroop.

‘n Gereg wat ek goed onthou wat ma gemaak het, was koolfrikkadelle. Sy het beesdikrib in ‘n pot gekook en die koolfrikkadelle bo-op die vleis gaargemaak. “n ander ding wat ook baie lekker was is souskluitjies. Sy het ook ‘n pot kookvleis opgesit met baie sous en dan de kluitjies bo-op die vleis geskep en niemand mag vir 20 minute naby daardie pot gekom het nie, anders slaan die kluitjies toe as jy loer wat daar aangaan.

Wanneer pa bees en vark geslag het, was dit altyd ‘n groot gedoente want daar moes wors gemaak word, biltong gesny en in pekel water gesit word. Na drie dae moes ek en my broer die biltonge aan die wasgoddraad hang om winddroog te raak en laatmiddag moes dit in die spens gehang word.

Die vleis se maal vir die wors was die hardste werk vir my want ek onthou goed hoe swaar die ou handmeule gedraai het. Wanneer ons die wors gestop het, was dit makliker.

Die oomblik toe ek hoërskool ouderdom bereik het, het my ma my begin leer hoe om kos te kook. Ek het haar gereeld in die kombuis gehelp om brood te knie en te kook. Dis hier waar my liefde vir kos begin het, want dit was darem lekker om te sien hou jou brood in die oond rys. Daai lekker vars brood met varkvet en swartpeper bly my steeds by.

Na skool het ek op Witbank begin werk en in die Spoorweg Hostel gewoon. In 1974 is ek getroud met Muriel Steyn van Witbank en in 1975 is ek verplaas Potchefstroom toe waar ek vir die 1ste keer in ‘n baie lang tyd weer kans gekry het om te begin kos maak. Ek en my vrou het albei gewerk, maar omdat ek skofte gewerk het, het ek meer tyd gehad om saaans iets op die tafel te sit. My vrou het dit baie waardeer en by haar werk gaan spog oor die lekker kos wat ek maak. Met die koms van Potjiekos wat so gewild was, het ek ook potjiekos begin maak en gevind dat ek dit baie geniet het.

Ek en my vrou het intussen verhuis na Kaapmuiden waar my dogter gebore is. 4 Jaar later is my seun op Komatipoort gebore. In 1980 het ons as gesin na Worcester in die Wes-Kaap verhuis waar ons my dogter, wat van geboorte af blind is, by die Pionierskool vir blindes ingeskryf het.

Hier in die Kaap was potjiekoskompetisies in daardie tyd baie gewild. Ek het aan ‘n paar kompetiesies deelgenneem en was bevoorreg om twee keer eerste pryse te wen. My betrokkenheid as kerkraadslid by ons gemeente het daartoe gelei dat ek genader is om tydens funksies verantwoordelik was vir etes. Ek het vir my groot potte aangeskaf en gewoonlik so vir 500 tot 600 mense potjie gemaak. Wanneer daar hoender gebraai was, moes ek die vorige dag al die hoendervleis spesery vir die braai. 3 Vriende het gelukkig hand bygesit met die braaiwerk.

In 1986 het ek begin om vir funksies kos te maak en was baie besig omdat ek skofte gewerk het en dit tussendeur moes inpas.

In 1995 het Bosveld Trein Safaries van Warmbad my gekontak om vir hulle etes op Worcester te voorsien. Daar was gewoonlik 140 passasiers op die trein en ek en my vrou het kwaai bontgestaan om hulle almal se mae te vul. Dit het gewissel van ontbyt, middag-wegneemetes of 3 gang aandetes.

Januarie 2000 het ek bedank en my eie Treintoer maatskappy begin. Khokha Moya Treintoere. Ons het vanaf Worcester geopereer maar al die treine het vanaf Kaapstad vertrek. In 2000 het ek net 3 toere gedoen maar dit het elke jaar gegroei en ons het meer lande besoek. Ek het my eie span mense op die trein gehad wat die etes voorberei het, maar ek en my vrou het self al die spyskaarte saamgestel en aankope gedoen. Ons Namibië toer was die gewildste en het 14 dae geduur. November 2006 het Spoornet al die treintoere summier gestop en het ek ‘n groot finansiële terugslag gekry. Hierdie terugslag het egter nie my en my vrou se gees gedemp nie. Ons het vir 6 maande lank as opsigterspaar by ‘n vakansie-oord buite Worcester gewerk. Die oord het funksies aangebied en ek was verantwoordelik vir al die potjiekos en braaie.

As mens eers jou eie besigheid gehad het is dit maar moeilik om aan te pas, daarom het ons na 6 maande bedank. Ek en my vrou het na Vredenburg verhuis waar ons ‘n tuindienste begin het. Tuinmaak is 1 van ons ander groot liefdes. Ons het in 6 jaar die besigheid lekker opgebou en toe verkoop en afgetree. Vir so 6 maande na ons aftrede het ek en my vrou by ons seun gaan woon. Olywe was volop beskikbaar en ek het besluit om te kyk of ek dit kon regkry om ‘n paar unieke kombinasies van ingelegte olywe te maak. Ek het ook suuruitjies gemaak en baie komplemente gekry. Ons woon vanaf Desember 2012 saam met ons dogter in Parow en ek is hoofsaaklik verantwoordelik om te sorg vir die etes elke dag terwyl my vrou seker maak dat ons huis altyd skoon en netjies is. Vroeër die jaar het ek vir my ‘n worswaentjie aangeskaf en besluit om boereworsrolle te verkoop. Dit is ongelukkig ‘n baie lang en uitgerekte proses om ‘n staanplek wat deur die munisipaliteit aan my toegeken is te kry, maar sodra die proses afgehandel is en ek ‘n staanplek het hoop ek om ‘n sukses van hierdie nuwe besigheid te maak.

Ek het vanaf 1975 begin om Resepte uit tydskrifte bymekaar te maak en het ‘n hele klomp. Ek is nou al so 8 maande besig om al my ledige tyd te vul deur die resepte op die rekenaar te tik. Ek is net spyt want ek het die meeste van my grootmaat resepte wat almal ou resepte was, vir iemand gegee het wat in die kosbedryf was en lekker boerekos resepte gesoek het. Dis maar in kort my geskiedenis.

Hermien

DSC00246

Baie lief vir kook en bak, kuns, reis en musiek.
Weduwee vir 17 jaar.
Lief vir die lewe en lag.

Charlene Lachenicht

bb

Hi there,
I’m 30 years old and have been married since March last year to a wonderful man. Most of the food I try out is to surprise him with something new.
Grew up in De Doorns, studied in Stellenbosch, been overseas a few times – Alaska and a few other cities in USA, Mexico, UK, Mauritius and Thailand…something I like doing is tasting the different local cuisine when I travel. I was a corporate travel consultant for 7 years and made a career change start of this year, I’m currently a nursing student with Medi Clinic with whom I have a bursary, therefore I like easy, but tasty recipes, seeing that time is pretty limited these days. I mostly love baking and have recently started hosting baby showers at my house, love it!

Lesijha

253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D-253D000-252B-DSCN2543

Jong ek weet nie wat om te skryf nie, het al my jare gewerk toe ons in Pretoria gebly het, maar vanaf Jul 1999 het ons na Saldanha toe getrek, en is ek maar ‘n doodgewone huisvrou (tuisteskepper – dit klink beter)

Okkie

okkie

VAN: Jansen van Vuuren
VOORNAME: Ockert Cornelius
GESLAG: Manlik
HUWELIKSTATUS: Getroud een seun (Sias)
LAASTE SKOOL BYGEWOON: Delportshoop 1976
Toe ek in die laerskool was het my ma vier maande in traksie deurgebring so my kos belangstelling het uit selfverdediging begin.Het ‘n vreeslike soet tand en het dus ‘n spesiale liefde vir koeke, terte en poedings.My gusteling tert is seker die een
Pynappel en Kaas tert
Bestanddele1 blikn “Crushed” Pynappel (dreineer goed)
1 blik kondensmelk
1 klein bottelttjie kaassmeer (ongegeur)
1 ½ koppies fyn gerasperde Cheddar of Gouda
4 eiers (geel en wit geskei)
2 eetlepels lemmetjie of suurlemoensap
2 eetlepels suiker1 pak Marie of Tennis beskuitjies gekrummel en gemeng met kwart koppie gesmelte botter om kors te maak

Metode
Maak kors in in gesmeerde oondvaste tertbakMeng eiergele, pynappel, (sonder sap) kaassmeer, kaas en kondensmelk met klitser en voeg lemmetjie of suurlemoensap laaste byGooi in korsKlits eierwitte en suiker tot stywe punte, vorm oor ander bestanddele in bakBak in oond teen 180 C todat eiwerwitte goudbruin is (+- 40 minute)

My ander stokperdie is die Excel program

KURSUS: Printing and collaborating in Excel 2003
DATUM: 2006/10/13
KURSUS: Excel 2003 Formulas and functions
DATUM: 2006/10/12
KURSUS: Formatting Data in excel 2003
DATUM: 2006/10/16
KURSUS: Excel 2003 Chart and multimedia features
DATUM: 2004/10/16
Ek is afgetree en is bereid om te help met vrae hieroor

Sarie

sariedr

Ek is n afgetrede boekhoudster lief vir kosmaak, blomme rangskik en skilder. Ek woon in Centurion het 2 dogters,2 kleinkinders en n pragtige agter kleindogtertjie. Dankie vir alles wat jy insit met die resepte ek geniet dit baie Sarie

Save

Save

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,478 times, 1 visits today)

5 Thoughts on “Profiele Van Bydraers

  1. Jenni Julies on July 2, 2016 at 8:22 PM said:

    Love your recipes

  2. Marietjie on October 27, 2016 at 9:03 AM said:

    Baie dankie dat jul my Koffie tuin “Opi Plot Coffee Garden” op die blad gesit het. Ek is mal oor al die wonderlike resepte en is nou konstant besig om van dit te prober. Die Klapper Koekies is ‘n groot wenner !!

  3. dALENE hEIN on August 10, 2017 at 11:02 AM said:

    ek wil asb jul bydraes daagliks ontvang

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *