TUNA  VIR  AANDETE 

Rika Theron
(6 – 8 porsies)

Bestanddele
6 – 8 snye witbrood,
2 blikkies tuna,
1 – 2 k gerasperde kaas,
1 blikkie Idealmelk,
2 eiers,
botter,
sout,
rooipeper.

Metode
Sny korsies van brood af en smeer met botter.  Plaas onder in gesmeerde oondskottel.  Dreineer tuna, breek fyn met vurk en versprei eweredig oor brood.  Strooi kaas bo-oor.  Klits eiers, Idealmelk, sout & rooipeper saam.  Gooi oor vis en kaas in skottel.  Bak in matige oond (180°C) tot eier en melk gestol is.  Bedien warm met gemengde slaai.

 

Advertisements
 

Vinnige Aandete

Bestanddele
4 Dik snye brood
1 Blikke Weense Worsies
3 Geklikste eiers
2 k Gerasperde kaas
2 k Melk
1 Pakkie Bacon
Pietersielie, sout, rooipeper en mosterd
Uie

Metode
Sny die bacon in stukkies. Voeg die uie by en braai. Krummel die brood en voeg warm melk oor en laat week. Voeg die geklitste eiers by en meng goed. Gooi alles in ‘n bak en bak in matige oond tot gestol en gaar.

 

Aandete Gereg

Bestanddele
3 e Margarien
1 Groot Ui
1 k Gaar Rys
2½ k Koue Hoendervleis
1 Pakkie Hoendersop
2 k Kookwater

Metode
Braai ui in die margarien tot ligbruin. Voeg die rys by en roer liggies met vurk. Voeg nou die hoender by en meng liggies. Meng sop met die water en gooi oor die rys mengsel. Laat prut vir 40 minute, roer af en toe, en bedien warm.