Mash potato dumplings

Bestanddele
500 gram aartappels, gekook in skil, skil afgetrek en daarna fyn gedruk (mash)
1 Large eier, geklits
1/2 teelepel sout (of na smaak)
2 koppies ALL PURPOSE FLOUR

Metode
Meng in groot mengbak die aartappels, eier, sout, meel, tot sag maar moenie dit te veel meng nie, dit word dan taai.

In ‘n groot kastrol, kook water en sout.

Strooi meel oor skoon kombuis oppervlak of hout bord, smeer meel aan jou hande ook, rol die aartappel deeg, bietjie op ‘n slag, rol die deeg in stukkies,ek sny dit nie ewe groot nie, sny so groot soos jy dit wil hê. Plaas hierdie gesnyde deeg in kokende water, verminder die hitte en kook tot gaar, amper bruin, haal uit water, sit in bak.

Smelt in pan 3 eetlepels botter, voeg 3 eetlepels brood krummels by, meng goed.

Gooi nou hierdie botter en brood krummels oor kluitjies.

Bedien warm.

Advertisements

AARTAPPEL SOP

AARTAPPEL SOP

Bestanddele
3 Middelslag aartappels geskil
4 koppies warm melk \ 2 koppies warm melk en twee koppies warm room
1 Ui, fyn gekap
3 Eetlepels Botter
2 Eetlepels Meelblom
1/2 Eetlepel Sout
1/2 Teelepel Peper
Knippie Rooipeper na smaak
1 Teelepel Fyngekapte Pietersielie

METODE
Kook die aartappels in die skil tot gaar. Maak die aartappels fyn, en voeg die warm melk by. Hou warm.
Braai die ui `n rukkie in die botter en roer dan die meelblom daarby. Wanneer glad, voeg by die aartappelmengsel en laat saggies kook totdat dit glad is. Roer af en toe.
Geur deeglik, en dis warm op met die pieterselie daaroor gesprinkel.

*Jy kan ook ‘n klein pakkie ertjies by sit.* Kook dit eers tot sag, en voeg by aartappelsop.