Jogurt jellie

Koekoes Vorster

(4 groot porsies of 8 – 12 kleiner porsies)

Bestanddele
20 ml kookwater
20 ml gelatien poeier
400 ml vet vrye aarbei jogurt
1 pakkie suikervrye aarbei jellie
vars bessies van jou keuse of bevrore bessies
Sit kookwater in ’n bakkie, sprinkel gelatien oor en roer tot opgelos.
Voeg by jogurt en meng tot glad.

Metode
Spuit 4 ramekin bakkies of jellie vorms met kleefwerende kossproei.
Verdeel jogurt mengsel tussen ramekins en laat stol in yskas.
Maak jellie aan volgens aanwysings op pakkie. Laat afkoel.
Gooi jellie oor gestolde jogurt en plaas terug in yskas tot gestol.
Kan in bakkie voorgesit word of uitgekeer word. Sit voor met bessies.

Variasie: Gebruik vetvrye vanielje-jogurt en 2 ml vanielje pleks van die aarbei jogurt.

KOMMENTAAR
Diabete mag af en toe ietsie soets eet, maar dan moet dit in berekening gebring word by die maaltyd wat daarmee saam geniet word. – Hilda Lategan

Advertisements
 

SUURLEMOEN JELLIELEKKERS:

Anna Eksteen

Bestanddele
30ml gelatien
160ml water
125ml suurlemoensap
160ml lemmetjiesap
160ml strooisuiker
160ml glukosestroop (kry by apteek)
groen voedselkleursel (opsioneel)
125ml versiersuiker
60ml mielieblom

Metode
Strooi gelatien oor koue water in koppie. Verhit oor pruttende water tot opgelos sodra gelatien gestol het. Verhit vrugtesappe, suiker en glukosestroop oor lae hitte, sonder om te kook, totdat suiker opgelos het. Roer gelatienmengsel en voedselkleursel by sodra opgelos. Giet mengsel in uitgespoelde pan van 15x15cm. Laat afkoel. Bedek en plaas ‘n paar uur in yskas. Keer stolvorm uit en sny in 3cm blokkies. Plaas blokkies op uitgespoelde bakplaat en laat staan sowat 2 dae lank of tot blokkies hul taaiheid verloor het. Rol blokkies in mengsel van gesifte versiersuiker en mielieblom en verpak in blikkies of boksies.

 

Babs se Koolslaai

Tannie Babs Schutte

Bestanddele
1 Koolkop Gerasper
2 Pakkies Groenpruim jellie
1 Blik Kondensmelk
1 Groot blik fyn pynappel
1 k Mayonnaise

Metode
Meng alles deeglik vir slaai. Die jellie moet nie aangemaak word nie. Heerlik !!!!!

Wenk
Sny die kool met ‘n mes in klein repies. Dit lyk mooier as die gerasperde kool.