PAMPOEN & BILTONGBESKUIT

Lynette Muller
(KUIER, KOOK & KLETS)

Bestanddele
1 kg bruismeel
5 ml sout
500 g botter
400 g suiker
250 ml karringmelk
250 ml pampoen-puree
250 g gesnyde biltong
2 eiers

Metode
Verhit die oond tot 180°C.
Gooi die bruismeel en sout in’n groot mengbak.
Sny die botter in blokkies en vryf dit in die meel in totdat die mengsel soos broodkrummels lyk.
Voeg die suiker by en meng goed.
Klits die karringmelk, pampoenpuree en eiers saam.
Voeg by die meelmengsel, meng goed. Meng nou die biltong by.
Gooi in gesmeerde broodpanne en bak vir sowat 1 uur, of tot gaar.
Laat afkoel en breek dan die beskujit in vingers.
Sit die stukke op ‘n bakplaat en laat uitdroog teen 120°C

Advertisements
 

Pampoen en tert speserye (Pumpkin or Pie spice)

Koekoes Vorster

Bestanddele
1/2 teelepel neutmuskaat (nutmeg)
1 teelepel Naeltjies (Gloves)
2 Eetlepels gemmer (Ginger)
4 Eetlepels kaneel (Cinnamon)

Metode
Alles droog en natuurlik fyn gemaal. Meng goed en berg in n lugdigte houer.

 

Butternut Slaai no 2

Bestanddele
1 Butternut, geskil en gerasper.
1 Pakkie pynappel jelly (net die poeier, nie aangemaak nie)
1 klein blikkie pynappel – die klein fyn stukkies

Metode
Meng alles. Verkoel en bedien.

Wenk
Resep van my niggie Wilna Grix gekry en hy is heerlik. Ek het voorheen dieselfde resep gebruik maar met blokkies Butternut. Maar hy moet oornag in die yskas staan en al die blokkies moet met die pynappel bedek wees, anders moet jy dit omdraai en weer laat staan vir die pampoen of sag te word.

 

GemmerPampoen

Klein oondskottel vol boerpampoen, opgesny in blokke.

125g Botter

2E Bruin suiker

125ml Vars gemmer, fyngestamp

2E Heuning

4 Stukke heel gemmer

 

Sny die botter in blokkies en Versprei dit oor die blokke pampoen.

Strooi die bruinsuiker en vars gemmer oor.

Drup die heuning oor.

Laaste word die pypkaneel in kleiner stukke gebreek oor die pampoen Versprei.

Bak teen 180C tot karamelagtig – ongeveer 40 min.

 

Bron: Die groot boerekos boek

 

Pampoen rol koek

 

 

 

 

 

 

 

 

 

3 eiers
1 koppiet suiker
2/3 koppie sag gekook en fyngemaakte pampoen
1 teelepel suurlemoensap
3/4 koppie Koekmeel
2 teelepels fyn kaneel
1 teelepel bakpoeier

Vulsel
1/2 teelepel sout
1/4 teelepel fyn neutmuskaat
1 koppie gekapte okkerneute
170 gram roomkaas, versag
1 koppie versiersuiker
1/4 koppie botter, saggemaak
1/2 teelepel vanielje-ekstrak

Voorverhit die oond tot 375 grade F (190 grade C).
In ‘n mengbak, klits eiers op hoog  tot lig.
Voeg die suiker suiker geleidelik by terwyl jy klits  tot die mengsel dit en lig geel is.
Voeg die pampoen en suurlemoensap by.

In ‘n ander bak meng die meel, kaneel, bakpoeier, sout en neutmuskaat; vou in die pampoen mengsel.

Smeer rol koek pan en voer uit met bakpapier.
Smeer die papier of gebruik iets soos Spray n cook en strooi liggies met ekstra koekmeel
Versprei beslag in pan; sprinkel met okkerneute.
Bak by 375 grade F (190 grade C) vir 15 minute of totdat die koek gaar. (As die toetspen skoon uitkom)

Keer die koek omniddel uit op n skoon afdroog of tee doek wat met versiersuiker gestrooi is.
Trek die bak papier en rol dadelik op soos n rol.

Intussen, in ‘n mengbak, klits room kaas, suiker 1 koppie versiersuike, botter, en vanielje tot donsig.
Rol afgekoelde koek versigtig af.
Versprei die vulsel oor die koek. Los een sentimeter oop op die kante. Anders peul dit uit as jy die koek oprol.
Rol onmiddelik weer op.
Maar toe en n tee doek en verkoel tot dit bedien word.
Strooi ekstra versier suiker oor of smeer nog n dun laag van die vulsel oor.

Met vergunning van © 2017 Allrecipes.com

 

Vroe’ Pampoen

As murg pampoentjies toegelaat word om groot te word, is dit die eerste pampoen wat bekwaam is om te eet.

Dan heet dit vroe’ pampoen.

Dit trek baie water en daarom word daar geroosterde brood blokkies bygesit.

 

Jy skil die vroe’ pampoen, sny dit deur en haal die pitte uit.

Gooi suiker, sout en n klont botter by en n paar stukke pypkaneel.

Kook tot gaar.

Braai broodblokkies in n bietjie botter in n pan en gooi dit in die kastrol om die sop op te slurp.

 

As jy nie vroe’ pampoen kan kry nie, gebruik skottel vol murg pampoentjies

 
Bron: Die groot boerekos boek 2

 

PATATKOEKIES

PATATKOEKIES ipv Pampoenkoekies

500 ml fyn, gaar patat
125 ml koekmeelblom
2 eiers
olie vir vlakbraai


Meng die gaar patat en meel goed.

Klits die eiers saam en voeg dit by die patat.

Meng tot ‘n sagte deeg.

(Indien dit te styf is, kan ‘n bietjie melk bygegooi word.)

Verhit die olie in ‘n kleefvrye pan en braai lepelsvol van die deeg daarin tot gaar en goudbruin.
Bedien warm met kaneelsuiker, heuning en suurlemoen.

Met vergunning van Karel de Beer op Facebook

 

PAMPOENKOEKIES – Resep 1

Send in by Rika Theron

Bestanddele
500 ml gaar boerpampoen,
2 ml sout,
250 ml meelblom,
suiker,
10 ml bakpoeier,
1 eier, geklits,
kaneel,
kookolie vir braai.

Metode
Druk pampoen goed fyn.  Voeg meel, bakpoeier, sout en eier by en klits deeglik tot gemeng.  Skep lepelsvol in warm kookolie, druk effens plat en bak aan weerskante tot goudbruin en gaar.  Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.  Meng suiker en kaneel en sprinkel oor warm koekies.

Boeregroete tot volgende week.

 

BUTTERNUTSLAAI.

Baie dankie vir jou resep Alida Schultz
Goeie dag al die Kokke,
Hier’s weer ‘n paar resepte vir jul!! Sommer my eie!
Benodighede:
1 Butternut
1 Pak “gemengde blaai slaai”
1 ui
1 groenpeper
Italianse tamaties
1 pak calamata olywe
kom-kommer
Feta kaas
Swartpeper
Marina Braaisout
Olyfolie
Balsamic asyn
Pypkaneel
Vars knoffel (fyngekap) of knoffelflokkies
METODE
Sny butternut in lang repe (soos aartapelskyfies), strooi pypkaneel, knoffel, swartpeper, braaisout en olyfolie  (moenie suinig wees met die olie nie want dit word die slaaisous) oor en bak in warm oond tot “al dente” , laat afkoel.Berei solank die res voor. Ek gebruik ‘n vlak slaaibak of vleisbord of selfs ‘n mooi skikbord werk ook goed. Pak lae van die blaarslaai (die gemengde pakke wat mens koop werk maklik , daardie met die rocket, botterblare, ens almal saam in ‘n pakkie)mooi uit in die bak. Rangskik nou die res, kom-kommer, uie (in ringe gesny) , groenpeper (in ringe gesny) tamaties (pak lekker oral rond) olywe, feta kaas (in blokkies gesny) bo-op, dan die afgekoelde butternut, meng nou die olyfolie waarin die butternut gebak is met balsamic asyn en gooi oor slaai net voor bediening.
Variasies: ( Die volgende kan bygevoeg word)
Gekookte eier (in kwarte gesny) .Gebraaide broodblokkies, Pynappelrepe (soos vingers gesny) Spanspekrepe , Dun gesnyde vars wortel.
Laat jou gedagte gaan, hier kan werklik enige iets bygevoeg word, die slaai is ‘n wenner en kan dien as ‘n middagete ook, veral as jy kouehoender stukkies of tuna byvoeg.