Pesto Chicken Casserole with Feta Cheese and Olives ~LCHF

Woumarie

Ingredients
4 servings
700 g chicken, thighs or breast
100 g red or green pesto
400 ml cream
½ cup (120 ml) pitted olives, black or green
225 g feta cheese, diced
1 garlic clove, finely chopped
Salt and pepper
Butter for frying

Instructions
Preheat the oven to 200°C. Cut the chicken thighs or filets into pieces. Season with salt and pepper and fry in butter until golden brown. Mix pesto and heavy cream in a bowl. Place the fried chicken pieces in a baking dish together with olives, feta cheese and garlic. Add the pesto mix. Bake in oven for 20-30 minutes, until the dish has turned a nice color. Serve with baby spinach or other leafy greens tossed with generous amounts of olive oil and a little salt.

Advertisements
 

PASTA-PESTO MET TAMATIES

Pesto
Tamatie pesto

Bestanddele
60ml olyfolie
60ml sonneblom olie
25ml suurlemoensap
5ml Fondor of Aromat
5ml knoffel poeier
45ml basilie pesto**
125ml songedroogde tamaties
250g macaroni
4 medium tamaties
1 bossie grasuie
500ml jong spinasie
250g fetakaas

Metode
Meng die olies, suurlemoensap, speserye, knoffel en pesto.
Kook die pasta gaar en meng dadelik met die sous.
Meng die res van die bestanddele (behalwe die feta) by en laat staan vir 1– 2 ure.
Net voor opdiening voeg die feta by, geur en garneer.
Lewer 4 porsies.

**Basillie pesto resep   http://www.liplekker.co.za/2018/03/balisie-kruid-pesto-basil.html/

Die sous mengsel alleen sal ook goed vir n basis op n pizza

Met vergunning van Anna Eksteen

 

Balisie kruid pesto (Basil)

Basil pesto, Basilie

Bestanddele
2 koppies vars basiliekruid blare, styf ingepak in koppie
(kan die helfte van die basiliekruid blare met baba-spinasie vervang)
1/2 koppie vars gerasperde Romano- of Parmesan-Reggiano-kaas
1/2 koppie ekstra virgin olyfolie
1/3 koppie pynappels (of gebruik gekapte okkerneute)
3 knoffelhuisies, gemaal (sowat 3 teelepels)
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
Verwerk in voedsel Verwerker tot gemeng.
Hou in die yskas.

 

Aarbei Slaai met Basiliekruid

 

www.heleenmeyer.co.za en www.rsg.co.za

Bestanddele Slaai
250g aarbeie, in dik skywe gesny
’n handvol vars basiliekruidblare
’n handvol vars roketblare
1/2 komkommer, met ’n aartappelskilller in linte gesny
1 skyf fetakaas, gekrummel
30 ml (2 eetlepels) papawersaad
30 ml (2 eetlepels) basiliekruidpesto
45 ml (3 eetlepels) olyf- of avokado-olie
15 ml (1 eetlepel) appel- of vrugteasyn
sout en peper

Bestanddele Croutons
2 rolletjies, in growwe stukke gebreek
30 ml (2 eetlepels) olyf- of avokado-olie
2 knoffelhuisies, gekneus

Metode Croutons
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
Plaas brood, olie en knoffel in ’n groot mengbak en meng goed deur.
Plaas in ’n enkellaag op die bakplaat en rooster vir 10-15 minute of tot goudbruin en bros. Laat dit afkoel.

Metode Slaai
Plaas die aarbeie, basiliekruid, roket en komkommer op ’n groot slaaibord en krummel feta bo-oor.
Strooi die papawersaad oor.
Meng die res van die bestanddele vir ’n slaaisous en geur na smaak.
Sit die slaai saam met die croutons en slaaisous voor.

Wenke
Gebruik aarbeie en enige ander bessies, soos frambose en bloubessies.
Waatlemoen is ook lekker. Gebruik gerus ook ander vrugte of groente, wat in seisoen is, in die slaai.
Avokado, dun groenboontjies, of pere werk goed.
Meng avokado, hoenderrepies, gepeperde makriel, salm of kekertjies by die slaai.
Vervang croutons met avokado vir ’n glutenvrye slaai.