Bacon Kips Happies

Fonna Goosen

Bestanddele
1 Pak Bacon Kips
1 Pak Sout en Asyn Chips
Gesnyde Bruin Brood
Margarien
Bovril, Oxo, Fraybentos of Marmite

Metode
Maak die sout en asyn chips fyn. Meng genoeg margarien en een van die smere na smaak. Neem brood en druk met ronde vorm, sirkels uit, groot genoeg om op Bacon Kips te pas. Smeer sirkel broodjie en plak die verkeerde kant van die Bacon Kip. Versier bo-kant eb snykante van die broodjie met margarien mengsel. Probeer die Bacon Kip skoon te hou. Strooi die gesmeerde deel met fyn Sout en Asyn chips.
Hierdie sout happie is beslis ‘n wenner.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,181 times, 2 visits today)
Advertisements

One thought on “Bacon Kips Happies”

  1. Wat n heerlijke positieve ervaring om op jullie af te kom. Inspiratie via elke siel.
    Dis lekker as iemand sommer net die” no frills” lekker in die lewe deel!

    Sal lekker wees om op n stadium hierdie versameling resepte in n boekie op n rak te sien

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *