Alta se Pampoen gebak

Annetjie Cilliers

Bestanddele
6 dik snye witbrood
fyn kaneel
Bruinsuiker
margarien
1kg pampoen blokkies
250ml room

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n oondvaste bak met margarien of bespuit met kleefwerende kossproei. Smeer die brood met margarien en sny in blokkies. Pak die blokkies, gesmeerde kant na bo, in die voorbereide oondbak. Bestrooi mildelik met kaneel en besprinkel goed met suiker. Maak intussen die pampoen gaar met ‘n bietjie suiker en kaneel. Maak fyn, meng met die room en sprei eweredig oor die broodblokkies. Bak sowat 20 minute lank tot gaar. Bedien 8-10 persone.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 975 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *