Bietjie-Baie-Pampoen

Retha Liebenberg

Bestanddele
125 g Margarien
200 ml Suiker
3 eiers
250 ml Koekmeelblom
15 ml Bakpoeier
2 ml Sout
750 ml Rou grof gerasperde boer of murgpampoen
5 ml Vanieljegeursel

Metode
Voorverhit die oond tot 190°C. Spuit tertbak van 1 L volume met spray en cook. Verroom eiers, margarien, suiker en eiers saam. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Voeg by eiermengsel en meng. Voeg vanieljegeursel en pampoen by en meng goed. Skep in tertbak, maak gelyk en bak vir 40 to 45 minute tot gaar.

Wenk
Pampoen kan eers gekook word, want dit gee die gereg ‘n fluweel agtige voorkoms. Kan bedien word saam met enige kos van braaivleis tot Sondag se gekookte kos. Dit kan koud of warm ge-eet word, maar dit is op sy lekkerste wanneer dit warm ge-eet word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,483 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *