Blomkool Brood

Bestanddele
5 Koolblare
25 ml Botter
1 Klein Ui
150 g Sampioene
50 ml Gemengde Kruie
Sout en peper na smaak
360 g Blomkool
3 Eiers
300 ml Gerasperde kaas

Bestanddele Witsous
5 ml Botter
100 ml Meelblom
500 ml Melk
Sout en peper na smaak

Metode – Witsous
Smelt botter in pot oor matige hitte. Roer meel in botter. Voeg ‘n klein bietjie melk op ‘n slag by. Roer goed. Voeg weer melk by en hou aan met roer. Sodra al die melk bygevoeg is laat prut vir 5 minute. Voeg sout en peper na smaak by en roer deur.

Metode
Smeer ‘n diep broodpan. Blansjeer koolblare en voer pan uit met 4 blare. Kap ui fyn en sorteer in die botter. Voeg sampioene, kruie, sout en peper by en braai vir 3 minute. Hou eenkant. Maak blomkool fyn en roer by witsous. Voeg geklitste eiers en kaas by. Gooi helfte van die mengsel in die broodpan. Gooi nou sampioen mengsel oor die kool in pan. Bedek nou die sampioen mengsel met die res van die kool mengsel. Plaas die pan in ‘n bak met ‘n bietjie water. Bak vir ongeveer 40 minute by 190°C. Laat effens afkoel, keer broodpan om. Garneer en bedien.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 745 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *