Eier slaai met Roomsous

Kotie Naude

Bestanddele
3 Hardgekookte eiers
Sout en Peper na smaak
120 ml Dik Room
25 ml Asyn
1 Slaaikop
5 ml Maggi Fondor
10 ml Suiker

Metode
Was slaai en spoel deeglik af in soutwater. Rangskik binneste slaaiblare in slaaibak.
Kerf res van blare in dun repies. Plaas gekerfde slaaiblare in middel van die bak.
Sny eiers in dun skyfies en plaas op gekerfde slaaiblare. Strooi sout, peper en fondor oor. Meng room, suiker en asyn deeglik en gou oor die eiers.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 697 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *