Ge Marineerde Hoender

Bestanddele
100 ml Asyn
100 ml Olie
12,5 ml Worcester Sous
12.5 ml fyn gekapte ui
1 Knoffel Huisie
5 ml Paprika
12.5 ml Fyn Appelkoos konfyt
25 ml Tamatie Sous
5 ml Droƫ Mosterd
1 Hoender +- 3 Kg

Metode
Meng al die bestanddele vir die sous saam en laat so 3 ure staan. Sny borsbeen van die hoender en maak hom so ‘n bietjie plat. Smeer hoender met botter en bak vir sowat ‘n halfuur. Voeg ander bestanddele by en klits goed. Haal hoender uit oond en plaas in sous vir 1 uur. Draai gereeld die hoender om. Plaas hoender op kole en braai tot lekker bruin. Bedrup gereeld met sous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 237 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *