Groente Gereg

Alana Bateman

Bestanddele
1 kg Gemengde Groente
1 Pakkie Mushroom of Bruin Uie Sop
1 Pakkie Simba Crisps – Chutney of Smoked Beef
2 k Gerasperde Mozzarella kaas
Sout en Peper na smaak
1 k Melk
3 e Margarien
4 e Koekmeelblom

Metode
Kook groente soos aangewys. Dit moet nie pap gekook wees nie. Maak ‘n witsous deur margarien te smelt, die meel by te roer en die melk stadig by te voeg. Roer aanhoudend en kook witsous tot dik. Voeg 1 k Mozzarella kaas by. Gooi die soppoeier oor die groente. Voeg die witsous nou by die groente. Meng Liggies tot al die groente bedek is met die sous. Plaas die groente in ‘n oondbak. Maak die Crisps fyn en strooi oor die groente. Strooi die ander koppie kaas oor. Bak in ‘n matige oond tot mooi bruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,275 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *