Teresa Meyer
Bestanddele
4 Ronde Pita Brode
125 g Margarien
2 e Gekapte Vars Basil
3 Huisies Gekneusde Knoffel
4 e Gerasperde Parmasaanse Kaas
Metode
Sny elke ronde pita broodjie horisontaal in die helfte. Sny elke helfte in 4 wiggies. Smelt botter. Plaas botter, basil en knoffel in bak en meng. Plaas die wiggies op ‘n geoliede bakplaat. Smeer elke wiggie met die margarien mengsel. Strooi Parmasaanse kaas oor. Bak in ‘n warm oond van 200°C vir 10 minute tot goudbruin.
Wenk
Bedien op saam met u gunsteling doopsous.
(Visited 129 times, 1 visits today)
Advertisements