Karamel Kiepiemielies

Bestanddele
500 g Springmielie pitte
2 ml Sout
250 ml Goue stroop
20 ml Vanielje
500 ml Ligbruin suiker
2.5 ml Koeksoda
230 g Botter

Metode
Spring mielies en keer uit in skottel. Smelt botter en voeg stroop, suiker en sout by. Verhit tot kookpunt oor matige hitte. Kook tot sagtebal, haal af en voeg koeksoda en vanielje by. Roer goed. Gooi oor mielies en roer tot koud. Droog vir ‘n paar minute op ‘n bakplaat in die oond teen 200°C. Plaas in skottel en laat afkoel. Vryf liggies los van mekaar wanneer koud.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 312 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *