Arm mans Poeding

Isabel van Niekerk

Bestanddele Poeding
1 k Meel
½ k Kookwater
2 e Stroop
2 e Botter
1 t Gemmer
1 t Koeksoda
1 Knippie sout

Bestanddele Sous
3 k Water
1 k Suiker

Metode Poeding
Smelt botter en stroop saam. Sif meel, gemmer en sout saam. Plaas die meel mengsel in die stroop mengsel en meng goed. Los koeksoda in kookwater op en laat effens afkoel. Roer koeksoda en water in die meel mengsel.

Metode Sous
Kook water en voeg suiker by. Roer tot suiker gesmelt is. Skep lepels van die poeding mengsel in die stroop. Sit deksel op en laat dit stadig kook vir 30 minute. Moet nie die deksel oplig voor die tyd nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,922 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *