Aspersie vis

Liza Bosch

Bestanddele
750 g Stokvis porsies
Sout & Peper
1 klein ui, fyngekap
1 blik Aspersiepunte (460 g)
125 ml Melk
12,5 ml Mosterdpoeier
20 ml Mielieblom
50 g Cheddarkaas, gerasper (125 ml)

Metode
Voorverhit oond tot by 180 °C. Verwyder die vel van die stokvis terwyl dit nog gevries is en laat dit daarna effens ontdooi. Geur na smaak met sout en peper en plaas in ‘n oondvaste skottel. Sprinkel die gekapte ui bo-oor. Dreineer die aspersies, maar behou die sap. Rangskik die aspersie bo-op die vis. Meng die aspersiesap, melk, mosterdpoeier en mielieblom goed in ‘n kastrol en geur na smaak met sout en peper. Verhit tot kookpunt terwyl gedurig geroer word. Voeg ekstra melk by indien die mengsel te dik is. Voeg die Cheddarkaas by en roer tot heeltemal gesmelt. Giet oor die vis. Bedek en bak ongeveer 30 minute lank of totdat die vis heeltemal gaar is. Dien op saam met aartappels, ertjies en murgpampoentjies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 490 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *