Beskuitjie struif

Joan Venter

Bestanddele
1 Pakkie Aarbei jellie
250 ml Kookwater
250 ml Koue water
1 Blik Karamel Kondensmelk
1 Pak Marie of Tennis beskuitjies
500 ml Dik Vlasous
1 Blik Vrugteslaai of 250 ml Gesnipperde Vars Vrugte
125 ml Gekapte Pekan neute

Metode
Los jellie in kookwater op. Voeg Koue water by en meng. Gooi ‘n bietjie jellie in glasbak (Glasbak Volume 1.5 l). Laat in koelkas stol. Laat oorblywende jellie buite afkoel tot dik, nie gestol nie. Smeer ‘n dik laag kondensmelk oor die beskuitjies. Plaas beskuitjies op gestolde jellie. Gooi ‘n laag vlasous oor. Skep van vrugte oor. Strooi van Neute oor die vrugte. Bedek met ‘n laag jellie. Herhaal al die ander lae totdat al die bestanddele opgebruik is. Plaas in koelkas totdat jellie gestol is. Dien yskoud op.

Wenk
Kan met roomys of geklitste room opgedien word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 262 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *