Braaivleis Marinade

Retha Liebenberg

Bestanddele
1 Groot Ui, gerasper
250 ml Olie
125 ml Asyn
250 ml Rooi of Witwyn
25 ml Worcestersous
Knoffelvlokkies en swartpeper na smaak
25 ml Tamatiesous
125 ml Blatjang

Metode
Braai die ui in ‘n bietjie olie. Voeg al die ander bestanddele by en meng goed. Marineer die vleis liggies net voordat die vleis gebraai word.

Wenk
Hierdie is genoeg marinade vir 3 kg vleis. Bevrore tjops en of beesvleis wat bedoel is vir die braai kan net so bevrore in lae gepak word met die marinade. Die vleis in die marinade kan etlike dae in die yskas gehou word. Die vleis ontdooi stadig en marineer dan heerlik in die marinade. Persoonlik dink ek dat jy die vleis so 3 dae moet marineer in die marinade.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 715 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *