Broodjie vol vleis

Annetjie Cilliers

Bestanddele
1 ronde witbrood
60ml margarien(gesmelt)
250g uie(fyn gekap)
25 ml kookolie
500g gemaalde beesvleis
10 ml paprika
200 ml tamatiepuree
15 ml Worcestersous
5ml sout 5 ml suiker
knypie peper

Metode
Sny die boonste kors van die brood af vir ‘n deksel. Hol brood versigtig uit tot 1cm van die onderste kors af. Krummel 200ml van die uitgehaalde binneste. Verf brood binne met die helfte van die margarien. Soteer uie in kookolie tot sag. Voeg maalvleis en paprika by en braai vir 5 minute. Voeg broodkrummels, tamatiepuree, Worcestersous sout, suiker en peper by en meng goed. Skep in uitgeholde brood en sit brood deksel op. Plaas brood op ‘n groot stuk aluminiumfoelie en verf dit buite om met die res van die margarien. Draai brood in foelie toe en bak dit 1 ½ tot 2 ure by 200C.
Bak die brood die laaste 15 minute met die aluminium oopgevou. Lewer 4-6 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 675 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *