Crêpes Suzette

Sarie 5 Julie 1995

Bestanddele Pannekoek
100 g Koekmeelblom
2 ml Sout
30 ml Suiker
3 Ekstra groot eiers
45 ml Olie
325 ml Melk

Bestanddele Sous
90 g Botter
60 ml Sagte Bruinsuiker
15 ml Gerasperde Lemoenskil
250 ml Vars Lemoensap
10 ml Mielieblom gemeng met 15 ml koue water
75 ml Cointreau of Van der Hum Likeur
60 ml Brandewyn

Metode Pannekoek
Plaas die droë bestanddele in ‘n mengbak. Voeg eiers en olie by en klits tot mengsel glad en sonder klonte is. Klits melk by en laat vir ten minste vir 1 uur staan. Verhit ‘n bietjie olie in pan van 18 cm. Gooi ‘n bietjie beslag in pan en bak tot ligbruin aan albei kante. Vou Pannekoek in helfte en weer in die helfte om driehoeke te vorm. Plaas pannekoeke in bord en bedek met kleefplastiek.

Metode Sous
Smelt botter en roer suiker en lemoenskil by. Voeg lemoensap by en hou aan met roer totdat die suiker gesmelt is. Bring sous tot kookpunt. Verdik sous met Mielieblom pasta. Roer likeur by. Plaas pannekoek driehoeke in die sous en verhit stadig. Verhit brandewyn in soplepel oor direkte stoof hitte. Giet brandewyn stadig oor pannekoeke en steek aan die brand. Sit twee pannekoeke voor per persoon.

Wenk
Weens die olie in die pannekoek deeg, hoef die pan net voor die eerste pannekoek gesmeer te word. Die haastige mens kan klaar gaar pannekoeke by Woolworths gaan koop. (Dit werk net so goed).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 491 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *