Dadel Happies

Bestanddele
250 g Botter of Margarien
250 ml Suiker
500 g Dales – fyn gesny
1 Eier, goed geklits
200 g Marie beskuitjies in stukkies
Klapper

Metode
Smelt suiker en botter oor lae hitte, die mengsel moet nie verbruin nie. Voeg dadel en eier by en roer goed sodat eier egalig inmeng. Voeg beskuitjies by en meng deeglik.
Haal van stoof af en gooi mengsel in ‘n gesmeerde pan van 23 X 23 cm. Stryk plat met ‘n mes. Strooi klapper bo-oor en laat koud word. Sny in blokkies en geniet.

Wenk
Die Marie beskuitjies kan vervang word met Rice Krispies. Gooi genoeg Rice Krispies in. Rol nou die mengsel in balletjies. Rol die balletjies in die klapper.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,101 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *