Gemmer tert

Bestanddele Tert Kors
1 k Meelblom
1 e Strooisuiker
125 g Margarien
‘n Knippie sout

Bestanddele Tert
1 k Goue stroop
1 k kookwater
2 k Water
2 e Vlapoeier
2 e Mielieblom
1 t Vanilla
75 g Ingelegde gemmerkonfyt
½ t Fyn gemmer

Metode Tert kors
Meng die meelblom en suiker. Vryf botter daarin totdat dit krummelrig is. Druk die mengsel op die boom en die kante van ‘n groot tertdop vas. Bak dop by 190°C tot mooi bruin.

Metode Tert
Meng die stroop, kookwater en fyn gemmer en kook dit saam. Voeg gemmerkonfyt by en meng deeglik. Meng die mielieblom en vlapoeier met die koue water. Voeg die mielieblom mengsel by die gemmer mengsel. Kook die mengsel vir 3 minute. Gooi die mengsel in gebakte tertkors, laat afkoel en styf word. Versier met geklopte room indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,205 times, 3 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *