Maklike Fudge

Bestanddele
397g (1 blik) kondensmelk
1 kondensmelkblikkie vol melk
1125ml (4½k) suiker
60ml (4e) botter
5ml (1t) vanielje
Knypie sout

Metode
Gooi alle bestanddele behalwe vanielje en sout in dikboomkastrol en verhit tot kookpunt. Roer tot suiker opgelos is. Kook nog 20min oor lae hitte tot strooikleurig. Roer af en toe. Haal fudge van plaat af en roer vanielje en sout by. Klop met houtlepel of elektriese klitser tot fudge begin dik raak. Wanneer dit by kante van kastrol begin dik raak is dit reg. Skep fudge in klein, gesmeerde rolkoekbakplaat en laat stol. Sny in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 20,518 times, 1 visits today)
Advertisements

3 thoughts on “Maklike Fudge”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *