Uie en Appelstrudel

Bestanddele
1 pak (ongeveer 500g) Philo deeg
4 groot of 6 middelslag uie, geskil en in dun ringetjies gesny
1 k rosyntjies
6 Golden Delicious appels, geskil, ontpit en in blokke gekap
500g ongesoute botter
sout en peper
vars tiemie
250 ml (1 k) gerasperde kaas soos gruyere of cheddar

Metode
Smelt 150-200g botter in ‘n kastrol oor medium hitte. Wanneer die botter begin skuim, gooi al die uie in en roer goed met ‘n houtlepel sodat al die uie met botter bedek is. Kook sonder deksel teen ‘n lae hitte vir sowat ¾ uur totdat die uie baie sag en heuning kleurig is. Moenie brand nie! Gooi rosyne en appel by en kook teen effe hoër hitte vir nog 20 minute totdat appels sag is. Laat goed afkoel en voeg kaas en uie by. Smelt die res van die botter oor lae hitte. Plaas een vel Philo deeg op ‘n slag op ‘n oond pannetjie groot genoeg vir die hele vel deeg om in te pas. Verf van hoek tot kant met ‘n dun lagie gesmelte botter totdat jy 7 lae deeg netjies bo-op mekaar in ‘n reghoek op die pan het. Plaas die uie- en appel vulsel in ‘n ry in die lengte van die deeg af – so die helfte van onder af en rol op soos ‘n ‘swiss roll’. Verf weer met gesmelte botter en sny 3 of vier diagonale kepe in die bo-kant van die strudel om stoom te laat ontsnap. Bak teen 200ºC vir 25-30 minute tot goudbruin en bedien warm.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 140 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *