Heuningkoek (1)

Mikrogolf en stoof resep

Bestanddele Mikrogolf
250 ml Suiker
250 ml Gouestroop
12½ ml Wit asyn
12½ ml Koeksoda

Metode Mikrogolf
Meng suiker, asyn en stroop saam. Mikrogolf nou vir 4 minute op hoog.
Haal uit en roer goed. Sit terug in die mikrogolf en mikrogolf weer vir 4 minute.
Gooi koeksoda in die mengsel en laat dit “kook”. Voer ronde tert pannetjies uit met tin foelie. Gooi nou die mengsel in die tert pannetjies en laat afkoel. Sit in die yskas vir 20 tot 30 minute tot geset. Haal uit die pannetjies, trek die foelie af.
Breek in stukkies en geniet.

Bestanddele Stoof
1½ k Suiker
½ k Water
3 e heuning
¼ k Stroop
4 t Bakpoeier

Metode Stoof
In ‘n pot meng die suiker en water. Voeg die heuning en gouestroop by. Verhit stadig tot kookpunt. Kook tot mengsel begin donker raak. Haal van plaat af en voeg die koeksoda by. Roer met houtlepel, die mengsels sal begin “kook”. Voer enige pan uit met foelie en gooi die mengsel in die bak. Laat afkoel in yskas vir 20 to 30 minute.
Verwyder die foelie. Breek in stukkies en geniet.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 177 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *