Hoender al la King

Liza Bosch

Bestanddele
2 groot Groen Rissies, in repies gesny
6 – 8 Hoenderporsies
1 pakkie Sampioen room soppoeier
2 huisies knoffel, gekneus
5 ml Sjerrie of brandewyn
30 ml Margarien
3 groot uie, gekap
250 g Knopies sampioene
1 pakkie Hoender room soppoeier
700 ml Melk
100 ml Hoenderaftreksel

Metode
Maak die hoenderporsies gaar. Verwyder die vel en bene en sny in blokkies. Behou 100ml van die aftreksel waarin die hoender gaargemaak is. Verhit die margarien in ‘n vlak pan en braai die soetrissies, uie, sampioene en knoffel daarin tot sag. Meng die hoender- en sampioen room soppoeier met die melk en hoenderaftreksel. Verhit totdat die mengsel dik en gaar is. Voeg die hoender blokkies, asook die gesoteerde groentemengsel hierby en verhit totdat die gereg goed deur gaar is. Voeg die sjerrie of brandewyn net voor bediening by en meng goed. Bedien saam met rys of pasta.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 266 times, 3 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *