Elize van Zyl
Bestanddele
8 Hoenderboudjies of dye
250 ml Blatjang
50 ml Heuning
50 ml Mayonnaise
10 ml Kerriepoeier
5 ml Sout
1 Blik perske skywe gedreineer
Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Plaas hoenderstukke in bak met deksel. Meng blatjang, heuning, mayonnaise, kerriepoeier en sout. Gooi oor die hoenderstukke. Sit deksel op en bak vir 1½ ure. Haal bak uit oond en skep olie af. Sir perske skywe tussen die hoenderstukke. Bak vir nog 30 minute sonder die deksel.
(Visited 1,264 times, 1 visits today)
Advertisements