Hoender met Sampioene

Liza Bosch

Bestanddele
1 – 1½ kg Hoender (of Hoenderboudjies)
1 blik (450 g) Aspersies
1 blik (450 g) Sampioene
1 blik (450 g) Aspersie roomsop
6 Agurkies
Sout & Peper

Metode
Stel oond op 150 °C. Sny die hoender in stukke en rangskik dit in ‘n oondvaste bak.
Sprinkel goed met sout en peper. Verdun die sop met die aspersiesap en gooi oor die hoender. Sit foelie bo-oor. Bak ± 1½ uur tot die hoender sag is. Rangskik die sampioene, aspersies en gesnyde agurkies oor die hele oppervlakte en sit weer terug in oond vir ± 15 minute.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *