Hoender Tetrazini

Liza Bosch

Bestanddele
50 ml Margarien
50 ml Meelblom
5 ml Sout
2,5 ml Neut
62,5 ml fyngekapte geroosterde Amandels
2,5 ml Witpeper
62,5 ml Sjerrie (opsioneel)
300 g Sampioene
1 gaar Hoender, ontbeen en in stukkies gesny
62,5 ml Parmesaankaas
250 ml dun Room of gewone yoghurt
500 ml Hoender ekstrak

Metode
Smelt die margarien en roer die meel, sout, peper en neut in. Voeg die hoender ekstrak stadig by. Kook oor lae hitte en roer gedurig tot glad. Voeg room en sjerrie by en verhit tot kookpunt (pasop vir skif). Meng nou hoender, sous, sampioene (wat effens gebraai is) en amandels by en giet in bakskottel. Strooi kaas en paprika oor en bak in oond van 180 °C tot goudbruin. (Kan gevries word)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 133 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *