Karringmelkbeskuit (2)

Belinda Grobbelaar

Bestanddele
1½ kg Bruismeel
15 ml Bakpoeier
5 ml Sout
500 g Margarien
2 k Suiker
3 eiers
2 k Karringmelk

Metode
Sif bruismeel, bakpoeier en sout saam en sit eenkant. Sny die margarien en kleiner blokkies en smelt in pot saam met die suiker. Die mengsel moet nie kook nie. Klits 3 eiers en karringmelk saam. Meng nou die margarien en eier mengsel. Meng die eiermengsel en die meel goed saam. Sit dit nou in ‘n gesmeerde oondpan en bak 1 uur teen 180°C. Haal uit oond en laat afkoel. Sny nou in verlangde groottes. Droog uit vir 8 ure lank in oond teen 70°C.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 134 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *