Klapperys (1)

Bestanddele
500 g Suiker
125 ml Melk
250 g Klapper
5 ml Vanielje
1 ml Kremetart
Knypie Sout
Paar druppels rooi kleursel

Metode
Smeer ‘n bak van 20 X 20 X 5 cm. Verhit suiker en melk oor matige hitte. Roer af en toe tot mengsel begin opkook. Verlaag hitte en kook mengsel vir 2 minute sonder deksel. Haal van hitte af en voeg klapper, kremetart, en sout by. Klop vinnig tot goed gemeng. Gooi helfte van mengsel in bak en maak gelyk. Roer ‘n paar druppels kleursel in ander helfte van die mengsel. Smeer die gekleurde mengsel oor die wit mengsel in bak. Laat afkoel en sny in blokkies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 630 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *