Klewerige Hoender vlerkies

Annetjie Cilliers

Bestanddele
16 hoender vlerkies
125ml vars suurlemoensap
80ml fyn appelkooskonfyt( gesmelt)
125ml sojasous
80ml blatjang
3 knoffelhuisies ( fyngedruk)
1 groot ui (fyngekap en gesoteer)

Metode
Voorverhit die oond tot 160C. Pak die hoender vlerkies in ‘n vlak oondvaste bak.
Meng die res van die bestanddele goed en giet oor die vlerkies. Marineer ongeveer 1 uur lank. Bak dan sowat 1 uur lank onbedek tot die hoender vlerkies gaar en goudbruin is. Genoeg vir 6 mense.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 360 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *