Kool en Appel Slaai

Bestanddele
1 Rooi Appel
1 Groen Appel
Suurlemoensap
250 g Growwe Maaskaas
200 g Gerasperde Kool (2 Koppies)
125 ml Slaairoom
Knypie Gedroogde Uie vlokkies
Slaaiblare

Metode
Was Appels en sny in blokkies of skyfies, moet nie skil nie. Sprinkel suurlemoensap oor appel om verkleuring te voorkom. Meng al die bestanddele liggies met twee vurke. Skep in lugdigte houer en plaas in yskas vir so 2 ure. Gooi slaairoom oor net voor opdiening. Skep mengsel net voor ete op slaaiblare.

Wenk
‘n Paar grof gekapte neute in die slaai sal ook baie lekker wees.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 818 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *