Lemoen tert

Fonna Goosen

Bestanddele Beslag
3 Eiers
210 g (250 ml) Strooisuiker
200 g (375 ml) Bruismeel
Knippie Sout
200 ml Melk
50 ml Sonneblom Olie

Bestanddele Lemoen sous
200 g (250 ml) Suiker
250 ml Water
25 g (30 ml) Margarien
250 ml Lemoensap
Fyn gerasperde skil van een lemoen

Metode Beslag
Klits die eiers goed en voeg die strooisuiker geleidelik by (+-15 minute). Sif bruismeel en sout saam en vou dit in die eier mengsel in. Mikrogolf die melk en sonneblom olie vir 1 minuut lank by 100% krag. Roer dit in die beslag. Bespuit ‘n groot bak met kleefwerende kossproei. Gooi die beslag in ‘n bak en mikrogolf dit 6 tot 7 minute by 100% krag. Haal uit die mikrogolf en hou eenkant terwyl die sous gemaak word.

Metode Sous
Mikrogolf witsuiker, water en margarien vir 2 minute by 100% krag. Roer dit goed en mikrogolf weer 2 minute. Voeg die lemoensap en skil by en mikrogolf weer by 100% krag tot die mengsel kook. Prik die tert met ‘n vurk en gooi sous bietjies gewys oor die warm tert. Dit lewer een groot tert. Versier met styfgeklopte room en lemoenskyfies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,029 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *