Lemoenslaai

Bestanddele
6 tot 8 Lemoene
100 g Witsuiker
175 ml Water
15 ml Margarien
30 ml Vlapoeier

Metode
Skil die lemoene en verwyder die wit velletjies. Sny lemoene in dik skywe. Haal die pitte uit en sny die skywe in kleiner stukke. Rangskik die lemoen stukke in ‘n glasbak. Sprinkel suiker oor, en roer liggies en laat staan vir 10 minute. Kook die water en botter. Meng Vlapoeier met ‘n bietjie water en voeg dit by die kokende mengsel. Roer tot reg. Gooi mengsel oor lemoene en meng liggies. Laat staan en afkoel voor bediening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 855 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *