Melkkos (Onbekend)

Bestanddele
1 l Melk
1 Stukkie pypkaneel
1½ t Botter
125 ml Suiker
250 ml Koekmeel
Sout na smaak

Metode
Kook die melk saam met die pypkaneel. Verwyder die pypkaneel sodra die melk kook. Voeg die botter by. Meng suiker, meel en sout. Neem van die warm melk en meng met die meel mengsel tot glad. Voeg nou die meelmengsel by die warm melk.
Kook nou die melk vir 5 minute en roer gedurig. Dien warm op met kaneelsuiker, botter of gouestroop.

Wenk: Skoonma het haar melkkos ook so gemaak. Wat sy dan gedoen het is om die meel te verminder en dan ‘n lepel of twee vla poeier ingooi. 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 370 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Melkkos (Onbekend)”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *