Bestanddele
3 Eiers
10 ml Sout
375 ml Meelblom
Water om mee aan te maak
1.25 l Melk
2 Stukke pypkaneel
kaneelsuiker
Metode
Klits die eiers en voeg die sout by. Sif meelblom. Voeg die meel by die eiermengsel.
Meng goed. Voeg net genoeg water by om stywe deeg te vorm. Knie die deeg tot elasties. Strooi meel op deegplank. Rol tot ongeveer 6 mm dikte uit. Strooi meelblom oor die uitgerolde deeg. Rol die deeg van eenkant af op. Strooi nog meel op. Sny met ‘n baie skerp mes in repies. Kook nou die melk met pypkaneel in. Sodra die melk kook voeg die snysels geleidelik by. Roer liggies. Kook vir 20 tot 25 minute lank.
Dien op met kaneelsuiker.
(Visited 351 times, 1 visits today)
Advertisements