Bestanddele
2 eiergele
2ml mosterdpoeier
5ml suiker
2ml sout
knippie witpeper
10ml suurlemoensap of asyn
250ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
Metode
Klits die eiergele, mosterd, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word.(Gewoonlik na 60-75ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is.
(Visited 1,407 times, 1 visits today)
Advertisements