Warm Kook Poeding

Yvonne Swanepoel

Bestanddele Stroop
625 ml Warm Water
250 ml Suiker
2.5 ml Kaneel
2.5 ml Gemmer
2.5 ml Neut
2.5 ml Sout

Bestanddele Deeg
250 ml Meel
15 ml Botter
15 ml Appelkooskonfyt
17 ml Koeksoda
1 Eier
Bietjie melk

Metode
Kook die stroop en hou warm. Vryf botter in meel met vingers. Voeg die eier by.
Voeg die konfyt by. Meng koeksoda en melk en maak ‘n slap deeg. Skep lepels vol in die stroop en laat stadig kook tot gaar. Sit deksel op en moet nie die deksel die eerste 15 minute oplig nie. Bedien met vla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 557 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *