Noedel slaai

Annetjie Cilliers

Bestanddele
1 pak (500g) skroef of skulp noedels
1 soetrissie
1 ui
250 ml tamatiesous
125 ml asyn
125 ml sonneblomolie
200ml witsuiker
25ml matige kerriepoeier
paar druppels Tabascosous

Metode
Kook die noedels volgens die aanwysings op die pakkie tot gaar. Laat dit goed dreineer. Halveer, ontpit en sny die soetrissie fyn. Skil en kap die ui fyn. Meng die noedels, ui en soetrissie in ‘n slaaibak. Meng al die ander bestanddele giet dit oor die noedel mengsel. Meng dit liggies. Verkoel voor opdiening. Lewer 8 porsies.

Wenk
Hierdie slaai is heerlik as dit oornag in die yskas gelaat word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 476 times, 1 visits today)
Advertisements
 

One thought on “Noedel slaai”

Leave a Reply to Anneline Payne Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *