Elsa
Bestanddele
250 g Skroef noedels
1 Gekapte Ui
1 Groenrissie gesny
250 ml Tamatiesous
250 ml Witsuiker
125 ml Wit asyn
125 ml Kookolie
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Tabasco Sous
Metode
Kook noedels sag. Voeg gekapte ui en soetrissie by noedels. Kook res van die bestanddele saam. Gooi warm sous oor noedels. Plaas mengsels in bak wat kan seël. Laat afkoel vir een dag.
Wenk
Hierdie slaai kan vir 4 weke in yskas hou. Lindie sê sy gooi ‘n blikkie tuna by die slaai. Ons gaan dit gerus probeer
(Visited 28,326 times, 1 visits today)
Advertisements
Dankie, my resep verloor!
Ek het ook ‘n baie lekker ene, ek gebruik die skulp noodles, sodra gaar gooi ek 1 blikkie Kerrie gemengde groente in, 1 gekapte ui, 1 green pepper opgekap en 2 eetlepels blatjang by en rond af met mayo….vreeslik lekker!!
Vir hoeveel persone is die resep?
Hierdie resep is so vir 6 tot 8 mense
Ek maak ‘n soortgelyke slaai. Ek sit net ‘n blikkie tuna in. Is net so lekker.
Lindie baie dankie vir jou wenk. Sal dit gerus probeer.