Paella met Hoender

Bestanddele
1 Groot Hoender 2 k Rys
2 Blikkies Tuna
2 Blikkies Gerookte Mossels
1 Blikkie Ertjies
3 Groot uie
3 Knoffel Huisies
3 Groot Soetrissies
1 Blikkie Tamatie puree
4 Lourierblare
‘n Paar Peperkorrels
‘n Bietjie Worcestersous
3 t Borrie
2 t Suiker
Sout
Peper

Metode Hoender
Kook ontvel, ontbeen en vlok die hoender. Kook rys en laat afkoel.

Metode Sous
Sny ui, soetrissies en knoffel in blokkies en braai tot amper bruin. Voeg Borrie, lourierblare en peperkorrels by. Voeg Worcestersous, tamatiepuree, suiker en 2 koppies water by. kook sous totdat dit dikkerig word.

Meng Metode
Plaas in lae in bakskottel: Rys, hoender, tuna, mossels, ertjies en sous. Herhaal die lae.
Meng versigtig met twee vurke. Verhit stadig in oond. Dien op met knoffelbrood en ‘n Griekse slaai en ‘n bottel lekker rooi wyn.

Wenk
Indien verkies kan ontbeende en ontvelde hoender borsies gebruik word. As hierdie Paella 24 uur voor die tyd gemaak word dan is dit eers heerlik, want dan meng die geure behoorlik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 693 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *