Pan Ete

Ouma Ies Lombard

Bestanddele
100 ml Margarien
500 g Aartappel
50 ml Gekapte Ui
50 ml Gekapte Groen rissie
200 ml Gerasperde Kaas
4 Eiers
5 ml Sout
5 ml Peper
5 ml Mosterd
340 g Weense Worsies

Metode
Smelt Margarien in pan. Braai ui effens bruin. Voeg soetrissie en aartappels by.
Sit deksel op pan en verhit vir 5 min oor lae hitte. Klits eiers en voeg geurmiddels by.
Gooi eiers oor die aartappel mengsel. Rangskik gesnyde Weense worsies oor die aartappel mengsel. Sit pan se deksel op verlaag hitte en verhit mengsel vir 10 min of tot gestol. Sny in skywe en bedien.

Wenk
Hierdie ete sal lekker wees saam met Tamatiesous. Vir ‘n ligte middag ete sal ek ook aanbeveel dat die Kool en Appel Slaai saam bedien word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 103 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *