Paprika Aartappels

Oom Koetie

Bestanddele
Genoeg vir twee persone
4 Middelslag Aartappels
Olyf Olie
250 g Gesnipperde Bacon
Paprika
Sout na smaak
Gerasperde Kaas

Metode
Sny aartappels lengte gewys elk in 8 skywe. Plaas in mengbak. Sprinkel met olyf olie. Gooi genoeg paprika (heelwat) oor en meng met hand. Plaas in bakpan en maak seker al die sous is in die bakpan. Bak teen 180 ° C tot bruin. Voeg bacon by en bak tot bacon gaar is. rasper heelwat kaas en strooi oor die aartappels en bacon. Bak weer tot die kaas gesmelt is. Bedien warm.

(Visited 203 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui