Plaas ontbyt

Bestanddele
2 Gekookte aartappels, geskil en in blokkies gesny
250 g Spek, gekap
1 ui, gekap
6 groot eiers
30 ml Room of Melk
30 ml Vars Pietersielie
5 ml Paprika

Metode
Braai spek tot bros. Haal spek uit pan en hou eenkant. Braai aartappelblokkies in die spek se olie tot bruin. Stel hitte laer en voeg die ui vy. Braai ui tot sag. Skep spek weer in pan. Klop eiers en voeg die room en pietersielie by. Gooi die eier mengsel in die pan. Geur met Sout en paprika. Bedek en kook oor lae hitte totdat die eiers amper gestol het. Haal van die plaat af en hou die deksel op tot die eiers heeltemal gestol het. Sny in skywe en sit voor met bros brood.

Wenk
Hierdie gereg is lekker as ‘n ligte ete saam met ‘n mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 363 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *