Portugese Ghoelasj

Annetjie Cilliers

Bestanddele
50ml olie
2 groot uie, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus
90ml koekmeelblom
5ml sout
2ml peper
1 kg stowe biefstuk, in blokkies gesny
410g tamatiepuree
25ml bruinsuiker
175ml rooiwyn
5ml paprika
5ml piri-piri
285g ( 1blik ) sampioene, gedreineer kruisement takkies vir garnering

Metode
Verhit die olie in ‘n swaarboomkastrol. Soteer die uie en knoffel ongeveer 5 minute lank daarin tot sag. Skep uit met gaatjieslepel en hou eenkant. Vermeng die koekmeelblom, sout en peper en bedek die vleisblokkies daarmee. Verbruin die vleisblokkies alkante in dieselfde olie. Voeg die uiemengsel, tamatiepuree, bruinsuiker, rooiwyn, paprika en peri-peri by die vleis. Vermeng goed en verhit tot kookpunt. Plaas die deksel op en stowe dit ongeveer 2 uur lank oor lae hitte. Of totdat die vleisblokkies amper sag is. Voeg ‘n bietjie aftreksel of warm water by indien die bredie droogkook. Voeg die sampioene by. Plaas die deksel op en stowe dit nog 30 minute lank. Kyk of vleis sag is. Proe en voeg nog geurmiddels by indien nodig.
Skep die bredie uit in ‘n warm opskepskottel en garneer dit met kruisement takkies.
Bedien dit warm.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 179 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *